Die OWK VIP – tent is langs die hoofverhoog geleë en slegs feesgangers wat ‘n VIP – kaartjie kan toon, mag die tent besoek. Wanneer jy so ‘n kaartjie koop, kry jy die volgende voordele daarmee saam: Gratis toegang tot die terrein, Privaat parkering reg agter die VIP – tent, Jy het maklike toegang tot die res van die feesterrein, Daar is ‘n privaat kroeg beskikbaar, Jy en jou gesin kan in privaatsitplekke naby die hoofvehoog sit, Jy het toegang tot privaat toilette. Die prys vir so ‘n kaartjie is R120.00 vir volwassenes en R60.00 vir ‘n skoolgaande kind. Jy kan ‘n heerlike steak-ete in die OWK VIP – tent nuttig teen R80.00 vir volwassenes en R45.00 vir kinders. Steak-etes word deur OWK se bekwame personeel voorberei. Om die rustigheid van die VIP – tent te verseker, word slegs 200 VIP kaartjes per dag tydens die Kalahari Kuierfees beskikbaar gestel.
Kaartjies sal reeds vanaf 2 September vanaf 09:00 by die Kuierfees kantoor te koop wees
|