FAMSA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om die individue, gesin en gemeenskap se menswaardigheid te bou en te versterk. Gespesialiseerde programme word aangebied deur gekwalifiseerde sielkundiges, maatskaplike werkers, jeugwerkers en gemeenskapsontwikkelaars.
FAMSA Upington met sy uitgebreide dienspunte in die Noord-Kaap is ‘n internasionale bekende organisasie wat 13jaar bestaan. Ons geskiedenis van uitstekende administrasie en bestuur verdien ons die respek van Plaaslike en Provinsiale regering sowel as die besigheids sektor. FAMSA het onlangs van perseel verskuif (Schroderstraat 2a) en deel nou ook die perseel met SANRA om ons dienste verder uit te brei om meer mense in die gemeenskap te bereik.
FAMSA waarsku: “Met die aanbreek van die wêreld sokker beker tornooi, moet ouers en kinders bewus wees van die gevaar van kinder ontvoering. FAMSA bied werkswinkels en poppekaste vertonings aan om die gemeenskap in te lig hoe om jou kinders veilig te hou.” Die lae matriek uitslag is ‘n groot bekommernis vir ons kinders en hulle ouers. FAMSA bied ondersteuningsdienste in die verband aan. FAMSA se terapie dienste sluit in: Huweliksberading, Egskeiding, Gesinsterapie, Rou-smart & Sterwingsbegeleiding. Verkragtingsberading, Spelterapie, Substans afhanklikheid, Traumaberading.
Skakel gerus 054 332 3955 vir verdere navrae |