 | | Who's Online | There are currently, 4 guest(s) and 0 member(s) that are online.
You are Anonymous user. You can register for free by clicking here |
|  |
 | | Login | | Don't have an account yet? You can create one. As a registered user you have some advantages like theme manager, comments configuration and post comments with your name. |
|  |
| |
 | INTERNASIONALE PLANTVERBRUIKERS FORUM OP KEIMOES WAS GROOT SUKSES! Posted on Friday, July 09 @ 14:39:13 SAST Topic: Upington and Surrounding Area | Die diversitieit van die Kokerboom- Kos- en Wynroete wat strek vanaf
Upington, tot Augrabies, Riemvasmaak en die R359 terug na Upington het
aan elke forumbywoner laat sê: "Dit is my eerste besoek aan hierdie
area, maar julle sien my weer! Oor provinsies en grense heen is
merkwaardige kennis uitgeruil van die
verbruik van plante.
Besorgdheid is uitgespreek oor kennis wat
mag verlore gaan omdat kenners van medisinale plante afsterf en plante
uit hul natuurlike habitat vernietig word. Die velddag by Blocuso Trust
waar almal kon deel in die kennis van die plantkundiges en
bossiedokters was 'n unieke belewenis. Mev Meisie Isaacs het besoekers
by die Velddag verwelkom. Die ritte op donkiekarre was vir baie 'n
onvergeetlike ervaring.
By die prysuitdeling waaraan studente
van al die Universiteite deelgeneem het, het ons bewus geword van ons
jeug se toewyding en bydraes tot 'n unieke Suid-Afrika. Hoe trots was
ons nie op ons eie gemeenskappe toe hulle die besoekers op hulle voete
gehad het met hul unieke namastap en eie Micheal Jackson groep. Dit was
'n groot finansiële inspuiting en bemarkingsgeleentheid vir ons
gemeenskappe, gastehuise en spyseniers.
Ons het weer onder die
besef gekom dat dit elkeen van ons se verantwoordelikheid is om ons
Flora te koester en te beskerm. Dit sodoende te bewaar vir ons
nageslag. |
|
| | |  |
| |
|
|